Vorige oefeninge wat ons met die leerders gedoen het was om die leerders se spoed, long-kapasiteit, fiksheid en krag te toets. Ons het die resultate aan die ouers en die leerders deurgegee sodat hulle aandag kan skenk aan die items waarin hulle kan prestreer. Ons gaan ook die leerders help om volgende altetiekseisoen aan die regte items te laat deelnaam en kyk hoe die leerders ontwikkel.
Monday, 7 May 2012
Veerkrag - Oefeninge
Ons het vandag met die O/16 hokkie meisies veerkrag-oefeninge gedoen nl, horisontale en vertikale sprongtoetse. Sewe uit die sestien meisies in die span se plofkrag/veerkrag is op 'n hoƫ vlak, maar nie een van hierdie meisies neem deel aan atletiek items waarin hulla kan presteer nie.
Tuesday, 1 May 2012
Word kinders se talent te laat raakgesien?
Baie leerders se talent word eers op hoƫrskoolvlak raakgesien en dan is die tyd beperk om die kind tot op provinsiale of selfs nasionale vlak te kry. Ek dink dat dit sal voordelig wees vir die leerders om op 'n jong ouderdom al aan talent-identifiseringstoetse of verskeie sportsoorte blootgestel te word sodat talent al op 'n baie jong ouderdom ontwikkel kan word. Hierdie identifiseering van talent in kinders sal nie net bydrae tot die sukses van die leerder en skool nie, maar sal bydrae tot die sukses van Suid-Afrika se sport in geheel. Word daar vandag nog genoeg tyd en aandag aan die kinders gespandeer om hulle talente te ontwikkel?
Subscribe to:
Posts (Atom)