Tuesday, 1 May 2012

Word kinders se talent te laat raakgesien?

Baie leerders se talent word eers op hoĆ«rskoolvlak raakgesien en dan is die tyd beperk om die kind tot op provinsiale of selfs nasionale vlak te kry.  Ek dink dat dit sal voordelig wees vir die leerders om op 'n jong ouderdom al aan talent-identifiseringstoetse of verskeie sportsoorte blootgestel te word sodat talent al op 'n baie jong ouderdom ontwikkel kan word.  Hierdie identifiseering van talent in kinders sal nie net bydrae tot die sukses van die leerder en skool nie, maar sal bydrae tot die sukses van Suid-Afrika se sport in geheel.  Word daar vandag nog genoeg tyd en aandag aan die kinders gespandeer om hulle talente te ontwikkel?

2 comments:

  1. Nee ek dink nie so nie. Maar leerders kan ook op hul eie oefen en nie net staat maak op hul afrigters nie.Daar is n tekort aan bekwame afrigters wat n passie het vir n betrokke sport. n Onderwyser is nie n afrigter nie. Die onderwyser moet eers leer om n afrigter te word en net sommige afrigters se hart is in die spel.

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam dat al die onderwysers nie die nodige kennis en vaardighede het om die leerders op sport te ontwikkel nie. As gevolg van tekort aan fondse kan die skool nie altyd buite afrigters kry om te kom help met die afrigting nie en die onderwysers moet maar afrig - of hulle nou iets daarvan weet of nie.

    ReplyDelete